Tuis

 
WELKOM BY PHANTOCOMP


IS JOU SIEL GESOND?

Sommige Christene is geneig om te kyk na die donker sy van alle dinge en te murmureer oor wat hulle deurmaak of deurgemaak het, eerder as om God te loof vir dit wat hy vir hulle gedoen het.

 

As jy vra wat hulle indruk van die Christelike lewe is dan beskryf hulle die aanhoudende konflikte, beproewinge (droefheid, hartseer, pyn, ens.), die ongelukkigheid en sondigheid van hulle harte. Maar selde word daar verwys na die hulp, bystand en verlossing wat God uit liefde aan hulle gegee het.
'n Christen wie se siel in gesonde toestand is sal egter met blydskap na vore kom en sê: "Ek sal nie vir of oor myself praat nie maar tot eer van die Here. Hy het my uit die aaklige put van klei en die moeras gelig en veilig op 'n rots geplaas. Hy het my weë bepaal en 'n lied in my hart en mond geplaas. Hy het groot dinge vir my gedoen, en ek kan net dankbaar wees."
So 'n abstrakte beeld van ondervinding is van die beste wat enige kind van die Here kan voorlê.
Dit is waar dat ons beproewinge deurmaak maar dit is net so waar dat ons dit oorwin. Dit sou egter verkeerd wees om nie te erken dat ons deur slegte tye gegaan het en dat ons as oorwinnaars uit gekom het danksy die Here onse God nie.
Ons verdriet en hartseer moenie ons verheerliking
van God oorskadu nie.
Psalm 126:2 - 3
2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
3 Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
Die Bybel (1953)

Gaan besoek gerus die webwerwe, dit is baie insiggewend:

7682321_orig
Vir nog meer boeke
besoek my by

phantocomp.weebly.com
Daar is nog sommer baie boeke - Engels en Afrikaans - van resepte tot seepmaak

 
   GRATIS!
           E-boek
           IN AFRIKAANS
    klik op die prentjie om af te laai

 

Matteus 5:10
Geseënd is die wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
GEDAGTE VIR DIE DAG
Die Man In die Spieël
22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
23 Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien;
24 want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
(Jakobus 1:22-25 (1953 vertaling))

Vergeet het gekom...
Kan ek jou vra om jou woorde te leen?
Vergeet het gekom en het oorgeneem,
my gelaat sonder woorde en so alleen,
ek wil so graag vergeet sy mag ontneem.

Wanneer die voëls in die hemele sing
wil ek my gevoelens aan jou vertoon,
maar vergeet bly my woorde verdring,
ek weet ek is besig om jou te verloën.

Leen my asseblief jou liefdes woorde
sodat ek weer liedere vir jou kan sing,
die gedagtes van die verlore verlede
weer maak lewe en vergeet verdring.

Mag ek dit leen om te sê ek is jammer?
Vergeet het my van jou liefde ontneem,
nou staan ek bewend, alleen en bitter,
want ek het myself van jou vervreem.
                                         © C. du Plessis